Ek wil net vir jou vertel, ek het my mammie op cellfood gesit, sy het ITP, “BLOEIER”, en sy doen wonderlik. Haar gesondheid het so verbeter. ITP beteken sy het amper geen bloedplaatjies, en bloei sommer inwendig. Sy moes gereeld plaatjies kry, en het soms 2x per maand in die hospitaal beland, waar sy inwendig bloei, dan ontvang sy sakke bloed en plaatjies, totdat dit weer opgeklaar het. Ek het 2 maande gelede vir haar cellfood aanbeveel en sy voel so goed. Sy het altyd bleek vertoon, en sy kan nie glo dat haar hande altyd pienk is. Sy was nog nie weer in hospitaal en die plaatjie telling is meer, nie soos normal, maar dit is so dat sy normal funksioneer, en sy voel baie goed.
Sy het haar suster ook nou op cellfood en praat met lof van die produk.
My mammie is 71jr, maar lyk soos 60, en dit is moeilik om hul te oortuig dat die produk defnitief `n verskil vir my gemaak het, nadat sy die klein bietjie kleurlose water begin gebruik het, is sy nou self in haar nappies.
Ek voel ook baie goed, en dit sal nou die 3de maand wees wat ek die produkte gebruik, en my hele gemoed, lewensuitkyk, spanning gesondheid het verbeter. Ek is baie opgewonde om my vlakke die einde van die maand te laat toets.
Baie dankie dat jul `n verskil aan ons lewens gemaak het.
Sandra van der Rijst
Essential Health